... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ek Bestaan Net

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Job 1:21,22 Hy het gesê: “Naak het ek uit my ma se skoot gekom, en naak sal ek weer wees die dag wanneer ek doodgaan. Die HERE het my alles gegee wat ek gehad het, en nou het Hy dit alles weggeneem. Prys die Naam van die HERE!” In alles wat gebeur het, het Job nie gesondig nie en God nie verwyt nie. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Ek Bestaan Net


Download audio file

Party dae word jy wakker en jy voel asof jy geen energie, rigting of motivering het nie. Ja, ek voel self party dae, wanneer ek wakkerword, so. Ons weet ons behoort vol van die vreugde van die Here te wees, maar … ons voel net sat. Dis hoe ons soms voel, nè? Nouja, wat nou gedaan?

‘n Rukkie gelede het ek tydens my gewone stiltetyd waar ek die Here aanbid en my Bybel lees – presies so gevoel. Daar was niks besonders verkeerd nie, maar die vreugde en vrede wat ek gewoonlik ervaar, wanneer ek bewustelik in die Here se Teenwoordigheid is, was net nie daar nie.

Ek het gebid en vir die Here gesê: “Here, ek is nie vandag opgewonde nie, ek is nie gelukkig nie, ek is net hier.” Dit is al wat ek gehad het om te sê, maar ek vermoed dat God dit verstaan. Jesus verstaan dit. Hy het ook op die stofpaaie van hierdie aarde geloop. En daardie oggend het die Gees my na hierdie spesifieke gedeelte gelei in:

Job 1:21,22 Hy het gesê: “Naak het ek uit my ma se skoot gekom, en naak sal ek weer wees die dag wanneer ek doodgaan. Die HERE het my alles gegee wat ek gehad het, en nou het Hy dit alles weggeneem. Prys die Naam van die HERE!” In alles wat gebeur het, het Job nie gesondig nie en God nie verwyt nie. (NLV)

As jy Job se storie ken, sal jy weet hoeveel pynlike beproewings hy gely het. En vir die grootste gedeelte van daardie tyd was hy nie opgewonde of gelukkig nie. Maar sy vertroue in die Here het nooit gewankel nie.

Die HERE het my alles gegee wat ek gehad het, en nou het Hy dit alles weggeneem.

Ons gevoelens groei en kwyn, ons emosies word sterker en flouer. Maar die Woord van die Here is onwankelbaar. God is deur al ons omstandighede getrou. Hy het jou lief. En daarom kan ons, ongeag hoe ons voel, met oorgawe sê …  Prys die Naam van die HERE!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.