... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onthou Jou Beloning

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:23,24 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Onthou Jou Beloning


Download audio file

Dit kan jou vir ‘n kort rukkie laat goed voel wanneer jy ander mense beïndruk. As jy jou baas beïndruk, kan jy dalk ‘n verhoging, en of, ‘n bevordering kry. Maar daar is iets baie belangriker, iets baie groter hier op die spel.

Ons het gister in Kolossense 3 gesien dat daar ‘n fyn balans bestaan tussen om goeie werk te lewer, en om onder die druk te wees om mense te behaag.

Kolossense 3:23,24 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (NLV)

Gee onder alle omstandighede slegs die beste in alles wat jy doen. Maar in plaas daarvan om jou Godgegewe talente bloot te gebruik om ander te probeer beïndruk, gebruik dit om God te verheerlik. Dis waar die vryheid lê. Dis waar jy vervulling sal beleef. En dit op sigself kan vir jou korttermyn belonings bring.

Maar daar is ‘n groter prentjie; ‘n baie groter prentjie, vir dit alles:

Want as julle werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie, sal Christus julle met ’n erfdeel beloon.

Kom ek gee jou die keuse: Sal jy eerder populêr wil wees en mense beïndruk en deur hulle beloon word, of wil jy eerder ‘n beloning – of dit nou in hierdie lewe, of in die ewigheid is –  van God ontvang? Dis nie ‘n eenvoudige keuse nie, nè? Ons kan so maklik van koers afdwaal, want die lokmiddel van ‘n korttermyn beloning kan baie aantreklik lyk.

Eenvoudig gestel, watter beloning sal groter wees? Wie is in staat om jou meer en vir langer – vir die ewigheid – te beloon? Die mense op hierdie aarde, of God self?

Onthou dat jy jou beloning van die Here sal ontvang, want dis wat Hy aan sy volk beloof het.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.