... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Here is Ewig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 90:1,2 Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is en U die wêreld voortgebring het, van ewigheid tot ewigheid, is U God.

Listen to the radio broadcast of

Die Here is Ewig


Download audio file

Ons lewens bestaan hoofsaaklik uit daaglikse sleurwerkies. Ek sê nie dit is ‘n slegte ding nie, dit is seker maar hoe die lewe is. Maar ons kan die risiko loop dat ons uiteindelik onder die onbeduidende klein dingetjies begrawe word en die groot prentjie uit die oog verloor.

Nouja, wat gaan jy – vandag, môre, die volgende dag doen? Seker dieselfde as wat jy verlede Maandag, verlede Dinsdag, en verlede Woensdag gedoen het. Dis hoe dit gaan. En dan, te midde van die sleurgang van die lewe, tref iemand, of iets, jou skielik met ‘n bal uit die skeelkant op die krop van jou maag.

Nouja, ons hanteer dit, ons staan op, ons stof onsself af en gaan voort. Die lewe gaan maar op die ou trant voort. En dag na dag raak ons blik gevestig op die hier en nou, en dit tap ons vreugde, ons hoop, ons geloof, ons liefde.

Kom my vriend, kom sluit vandag by my aan sodat ons saam na die hemelse groot prentjie kan kyk.

Psalm 90:1,2 Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is en U die wêreld voortgebring het, van ewigheid tot ewigheid, is U God.

Dis fantasties! Halleluja. Van voor die begin van tyd en tot aan die anderkant van die einde van die tyd, sonder einde, is God ons God. Hy was, is en sal vir altyd ons tuiste, ons toevlug, ons Verlosser, ons vreugde wees.

Ons God is ewig en verdien al ons lof. Is Hy besorg oor die klein dingetjies van ons lewens? Is Hy betrokke? Die antwoord is ‘n besliste ja! So, terwyl jy vandag, môre en die volgende dag besig raak … dink aan hierdie wonderlike waarheid: 

…van ewigheid tot ewigheid, is U God.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.