... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Definisie van Mislukking

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 12:20,21 Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.”

Listen to the radio broadcast of

Die Definisie van Mislukking


Download audio file

Het jy al ooit hard gewerk en baie opgeoffer om iets te bereik, maar toe jy uiteindelik suksesvol is, het jy ontdek dat dit leeg, en hol voel, dat dit glad nie is hoe jy verwag het dit sou voel nie?

Ek ken daardie gevoel baie goed. Vir die eerste helfte van my lewe was my doel om ryk en beroemd te word. Ek was stewig op pad; ek het ‘n spoggerige kar gery, in ‘n spoggerige huis gebly en ek was in my beroep gerespekteer. Maar weet jy, die leegheid van al die sukses was ondraaglik.

As ek terugkyk, lyk dit vir my of die definisie van mislukking eintlik is om te slaag in iets wat nie saak maak nie. Dit is juis dié betekenis wat Jesus in die gelykenis van die ryk dwaas wil oordra.

Hierdie man se grond het soveel geproduseer dat hy sy silo’s moes platslaan en groteres moes bou om dit alles te stoor. Op grond van sy wonderlike sukses het hy tot die gevolgtrekking gekom, net soos baie mense vandag ook geneig is om te doen: ek het genoeg gespaar om vir baie jare te hou. Ek kan nou rus, eet, drink en die lewe geniet!

Lukas 12:20,21 Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.”

So ‘n sot! Hy het sy rykdom opgegaar, maar hy het geen idee gehad dat hy binnekort die tydelike met die ewige gaan verwissel nie. En net daar is ‘n uitdaging vir elkeen van ons: Hoe kan ek meer vrygewig wees? Hoe kan ek meer in God se koninkryk saai?

Dit is moeilike vrae, maar Jesus maak dit baie duidelik dat die een wat met sy banksaldo grootliks onaangeraak aan die einde van sy lewe kom …  is nie die wenner nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.