... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Raak Ontslae van jou Boosheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:21 Raak daarom ontslae van die vuilheid en boosheid wat so welig in julle tier, en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Raak Ontslae van jou Boosheid


Download audio file

Dit lyk asof die enigste manier om heeltemal weg te bly van die boosheid wat hierdie wêreld regeer, is om jouself toe te sluit en ‘n geslote bestaan te voer. So sal jy kan wegbly van die boosheid wat tot op elke vlak van die samelewing ingedring het. Hm. Is dit werklik die enigste manier?

Ek ontvang onlangs ‘n e-pos van ‘n man wat deur die VARS- boodskappe tot geloof in Christus gekom het. Hy moet uit vrees vir erge vervolging ‘n geheime gelowige bly. In die land waar hy woon, en in sy ouerhuis, met afgode in elke vertrek, kan hy nie openlik vir Jesus dien nie.

Waar jy ook al woon, wat ook al jou omstandighede is, van watter kultuur jy ook al deel is, dis ‘n lewensfeit – die Bose is oral. Kyk na Jesus se broer Jakobus, se waarskuwing:

Jakobus 1:21 Raak daarom ontslae van die vuilheid en boosheid wat so welig in julle tier, en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red. (NLV)

My vriend, ek en jy, kan nie die boosheid in hierdie wêreld ontsnap nie. Die enigste manier om daarvan weg te kom, is om onsself in ‘n klooster te gaan afsonder om daar die vuilheid en sondigheid te vermy. Maar dit is nie wat God wil hê ons moet doen nie.

Hy beveel ons om ontslae te raak van die sonde wat ons geestelike lewe mag bederf; alles wat sleg is in óns lewens – elke soort sonde wat ons doen eerder as om die woord wat God in julle geplant het nederig te aanvaar.

My vriend, jy kan in ‘n huis vol afgode woon en kies om hulle nie te aanbid nie. Jy kan omring word deur boosheid en kies om nie deel daaraan te hê nie.

Raak ontslae van elke euwel in jou lewe. Verneder jouself en aanvaar God se boodskap. Hy sal jou red.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.