... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Geduldig in Tye van Teëspoed

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 5:11 Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ’n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Wees Geduldig in Tye van Teëspoed


Download audio file

Beleef jy tans teëspoed? Wat is dit wat aan jou vreet? Wat beroof jou van jou lewenskwaliteit? En sê my, hoe goed hanteer jy dit?

Dit lyk, ten minste so op die oog af, asof sommige mense ‘n idilliese lewe het. Maar weet jy, niemand verstaan dat hulle soms met ‘n leegheid, ‘n diepe ontevredenheid wat hulle nie mooi kan verklaar nie, geteister word.

Dan is daar die ander groep, wat vir ons lyk asof hul lewens ‘n totale gemors is. Maar snaaks genoeg, is dit asof hulle ‘n absolute vrede oor hulle het. Hulle glimlag dikwels sommer sonder rede. Daar is ‘n diepe, innerlike vreugde, wat vir ons onlogies lyk – ja, dis eintlik regtig onverklaarbaar. Hoe kan dit wees?

Jakobus 5:11 Ons gee met reg eer aan dié wat in swaarkry uithou. Job is ’n voorbeeld van iemand wat geduldig volhard het. Uit wat uiteindelik met hom gebeur het, sien ons dat God se einddoel goed is. Die Here is mos vol innige meelewing en Hy gee onverdiend sy liefde. (NLV)

Aanvaar jou probleme geduldig en volhard. Dit is ‘n moeilike opdrag, maar Jakobus sê dit aan die vervolgde Christene wat oor die hele bekende wêreld versprei was, deur hulle te herinner aan die verskriklike probleme waarmee Job in die Ou Testament te kampe gehad het. Inderdaad verskriklike probleme!

En wat het God gedoen? Die Here het gesorg dat dit baie beter met Job gegaan het in die tweede deel van sy lewe as aan die begin. Dit was ‘n duidelike bewys dat die Here ons God vol barmhartigheid en goedertierenheid is.

Hoe kan jy geduldig wees te midde van jou teëspoed? Deur eerstehands die diep waarheid, dat God inderdaad genadig en goedhartig is, te ervaar. En by Hom is daar vreugde, daar is geduld, daar is vrede, daar is … sy seën. Wees net geduldig.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.