... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Lig wat in jou Hart Skyn

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 119:130 Begrip van u woord bring lig; dit gee insig aan die eenvoudige. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Lig wat in jou Hart Skyn


Download audio file

Jy ken daardie gevoel van frustrasie wanneer daar iets is, wat jy net nie mooi kan verstaan nie. Iets wat jy weet net nie heeltemal reg is nie, en die oplossing van die probleem ontwyk jou geheel en al. En dan skielik op ‘n dag maak dit sin – dit is asof … ‘n lig aangeskakel het.

‘n Jong prediker het my ‘n rukkie gelede gevra om hom oor een van sy onlangse preke terugvoer te gee. Dit was ‘n enorme voorreg. Ons het na ‘n video van die preek gekyk, dit gestop en weer begin en gepraat oor dinge. Ek het vrae gevra en hy het homself ten doel gestel om die antwoorde te vind.

Die hoogtepunt het gekom toe hy gesê het, “Jy weet, dit is amper asof ek twee preke gepreek het, asof ek probeer het om twee boodskappe in een in te druk.” Ja! Dit is presies wat ek gehoop het hy sou insien. Dit is asof die lig aangekom het.

Maar dit sou nie gebeur het as hy nie die inisiatief geneem het om hulp te vra nie. As sy hart nie ontvanklik vir opbouende kritiek was nie (ja, ek weet, dit is nooit maklik om kritiek te ontvang nie) én as hy nie die moeite gedoen het om dit te prosesseer en te verstaan nie. God se Woord werk ook nogal so:

Psalm 119:130 Begrip van u woord bring lig; dit gee insig aan die eenvoudige. (NLV)

Ons moet die inisiatief neem om die Bybel te lees, en dan die tyd neem om dit te oordink; om dit te verstaan en wanneer ons dit doen … bring dit lig in ons lewens.

Sal jy eerder wys of dom wees? Wil jy leer, groei, en die mens word wat God jou gemaak het om te wees? Maak dan die Woord van God oop en lees dit, ontvang dit, reflekteer daaroor en reageer daarop. Dit sal lig in jou lewe bring. Dit sal jou wys maak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.