... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wees Vriendelik,Vrygewig en Regverdig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 112:5,6 Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree. Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word.

Listen to the radio broadcast of

Wees Vriendelik,Vrygewig en Regverdig


Download audio file

Ek dink dit is deesdae baie maklik om Christenskap so maklik ‘geestelik’ te maak. Mense word so ingetrek deur liedjies te sing en mense op die rug te slaan – loof die Here, broer – dat ons vergeet dat liefde, beide ‘n selfstandige naamwoord en ‘n werkwoord is.

In alle groot kulture is die woord vir liefde nie net iets wat ons het of nie het nie (met ander woorde ‘n selfstandige naamwoord), dit is ook iets wat ons veronderstel is om te doen (‘n werkwoord).

Ons almal hou daarvan om geliefd te wees. Maar hoeveel liefde betoon ons aan ander mense deur liefde te gee? Is ons liefde prakties? Steek ons maklik ‘n helpende hand uit? Is ons eerlik en ordentlik in die werksplek? Ek ken ‘n suksesvolle sake-eienaar wat op ‘n Sondag soos ‘n godvresende, lieflike persoon lyk, maar by die werk is hy ‘n tiran en dit lei tot ‘n baie hoë verwisseling van werknemers.

Psalm 112:5,6 Dit is ‘n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree. Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word.

Ek dink dit is so maklik om vasgevang te word in die hele spiritualiteit van ‘n geloof in Jesus, dat ons die eenvoudige, die basiese, die praktiese dinge vergeet. Die dinge wat ander raaksien. Die dinge wat tot hulle spreek van die liefde (of die afwesigheid daarvan) van ons God, van wie ons getuig dat ons in Hom glo.

Dit voel asof ons hierdie week nogal baie oor liefde gepraat het, maar verstaan asseblief dat dit opsetlik gedoen is. Want vir God is dit ‘n baie belangrike saak.

Dit is goed vir ons, baie goed, om vriendelik, vrygewig en regverdig te wees, ja, om bekend te wees as iemand wat in al sy sake reg optree.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.