... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Vriendelikste Persoon in die Vertrek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:35,36 “Nee, julle moet ook julle vyande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Vriendelikste Persoon in die Vertrek


Download audio file

Mense verskil hemelsbreed van mekaar. Mense is uniek. Jy kan dalk op een vlak hoogs begaafd wees, terwyl die volgende persoon op ‘n ander terrein hoogs begaafd is. Dit is hoe dit veronderstel is om te wees.

Die fout wat ons egter maak, is wanneer ons dink dat (a) almal op ‘n spesifieke terrein net so goed soos ons moet wees en (b) dat hulle dom is, as hulle nie is nie.

Klink dit nie ‘n bietjie genadeloos nie? Glad nie. Ons doen dit die hele tyd. Hoe dikwels het jy al gevind dat jy sê: “Ek verstaan net nie hoekom daardie persoon nie …” Wat jy eintlik sê, is: “Hoekom sien hulle dinge nie soos ek dit sien nie? Hoekom is hulle nie goed op my terrein nie?”

Ek het die eerste gedeelte van my lewe neergesien op mense met ‘n laer IK as myne.  Ek het hulle verkleineer en hulle minderwaardig laat voel.  Ek het nie eers die moontlikheid oorweeg dat baie van hulle ‘n talent gehad het, wat ek nie het nie; iets baie meer waardevol, iets baie belangriker – Emosionele Intelligensie; of  sagmoedigheid, ‘n vriendelikheid wat ek nog nooit gehad het nie; of die vermoë om die foute van hul vyande oor die hoof te sien en om goed te wees vir mense wat vir hulle sleg behandel.

Lukas 6:35,36Nee, julle moet ook julle vyande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.” (NLV)

Ja, my vriend, die vriendelikste persoon in die vertrek is dikwels die wysste persoon. Wees lief vir jou vyande.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.