... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Knorrigheid is Aansteeklik

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 13:5 om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie; om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie. (DB)

Listen to the radio broadcast of

Knorrigheid is Aansteeklik


Download audio file

Party dae, is ek knorrig en iesegrimmig. Jy het sekerlik ook dae wat jy knorrig is! Weet jy, knorrigheid is aansteeklik. Hopelik gebeur dit nie te gereeld nie, maar ons weet dit gebeur. Hoe tree jy op as jy knorrig is? Hoe voel dit vir diegene rondom jou?

Ons weet almal hoe dit voel om in die geselskap van ‘n nors persoon te wees. Dit is nie so lekker nie, nè? Trouens, as ons enigsins Mnr of Mev Iesegrim kan vermy, is dit wat ons doen.

Maar ons dink selde aan hoe dit vir ander mense voel as ons die knorrige een is. Al wat ons weet, is dat ons in ‘n vieslike bui is en dat hulle uit ons pad uit moet kom. Enige gevoel van selfbeheersing wat ons dalk gehad het, het met die noorderson verdwyn. Nouja, net ingeval jy jouself in die nabye toekoms in een van daardie buie bevind, kom ons kyk hoe dit strook met:

1 Korintiërs 13:5 om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie; om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie. (DB)

Net daar het jy die vier primêre simptome van norsheid: onbeskoftheid, selfsug, humeurigheid en onvergewensgesindheid. Ja, onvergewensgesindheid is seker die mees algemene een. Ons  klou so graag vas aan daardie gevoel dat daar ‘n onreg aan ons gedoen is.

Herken jy hierdie simptome in jou lewe wanneer jy knorrig is?

Maar my vriend, ons lees in die Bybel dat die liefde nie so is nie. Dit is nie onbeskof nie, dit is nie selfsugtig nie, dit word nie maklik kwaad nie en dit fokus nie weer en weer op die verkeerde dinge wat ander mense aan ons gedoen het nie.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.