... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Juig en Treur

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:15 Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Juig en Treur


Download audio file

Hier is ontstellende navorsingsdata. Ons sal gemiddeld byna 17 jaar van ons lewens met ons neuse in ons selfone deurbring. Dit is 145 800 uur of 33% van ons wakker ure. Dit is ontstellend en laat jou kop duisel.

Kom ons kyk net weer na daardie syfers. Oor ‘n 24 uur periode gaan ons, kom ons sê, agt uur slaap. Dit laat ons met 16 wakker ure. As ons die helfte van hulle vir vyf dae per week by die werk deurbring en ‘n derde van hulle op ons fone, laat dit bitter min ure per dag vir al die ander dinge oor. Beslis nie veel nie!

Wat doen dit aan ons verhoudings? Wat doen dit aan jou verhoudings? Huwelike val uitmekaar. Kinders word afgeskeep. Diepgewortelde sielkundige en sosiale probleme versprei soos ‘n wêreldwye pandemie. Dit is ‘n somber prentjie.

Wat kan ons doen om daardie siklus te breek? Kom ons pas ‘n paar pre-tegnologie, outydse, Bybelse, goddelike wyshede op hierdie desperate sosiale siekte toe:

Romeine 12:15 Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. (NLV)

Met ander woorde, maak die tyd, gee jouself die emosionele ruimte, om empatie te toon. Stop. Vier jy werklik jou kind se oorwinning op die sportveld, of ‘n mylpaal in ballet? Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is.

En wanneer iemand swaarkry, ly in jou hart saam met hulle. Wees by hulle, sit by hulle en huil soms saam met hulle.

Empatie, om ‘n ander persoon se vreugde of pyn te voel, is ongelooflik kragtig. Dit is ‘n brug tussen twee mense wat vir ‘n leeftyd sterk sal staan. Dit is ‘n brug tussen twee mense waaroor Jesus, so dikwels, kies om oor te loop.

Lag en vier fees saam met elkeen wat bly is. Huil saam met elkeen wat hartseer is. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.