... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vestig Jou Hoop Op die Here

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 3:18,19 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

Listen to the radio broadcast of

Vestig Jou Hoop Op die Here


Download audio file

‘n Vriend in nood is ‘n vriend in dood. Ek sal só ‘n vriend op wie jy kan staatmaak; iemand wat deur dik en dun aan jou kant is, iemand wat vir jou skerm, vir jou lief is en vir jou omgee, selfs wanneer jy in ‘n donker plek is, vir geen goud ter wêreld verruil nie. Beslis nie!

Ek onthou toe ek amper dertig jaar gelede op ‘n baie desperate donker plek was. Dit was so donker dat ek dit ernstig oorweeg het om my eie lewe te neem. God het toe ‘n paar wonderlike mense rondom my geplaas, maar selfs hulle was nie in staat om diep in my siel in te reik en om my pyn weg te neem nie. Dit was daar dat ek Jesus vir die eerste keer werklik ontmoet het. Hy was die een Lig wat konsekwent in daardie ink-swart donkerte geskyn het.

Kom ons kyk na die tweede deel van Paulus se gebed vir sy vriende …

Efesiërs 3:18,19 Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.

Wat ‘n wonderlike gebed! 

Dit is ook my gebed vir jou. Laat ek jou vertel, in daardie donker plekke waarin ons onsself soms bevind, is die ervaring van die omvang van God se onvoorwaardelike liefde in Jesus Christus vir jou, die één ding; die enigste ding wat jou van jou pyn kan genees.

Mag julle…. begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.