... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie die Vyand Aanbid Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Daniël 3:5,6 ’n Aankondiger het hardop uitgeroep: “Luister na dié bevel, alle volke, nasies en tale: Sodra julle die trompet hoor blaas en die fluit, siter, lier, harp en ander blaas- en musiekinstrumente hoor, moet julle neerval en tot die goue beeld bid wat koning Nebukadnesar laat oprig het. Enigeen wat nie neerkniel om dit te aanbid nie, sal dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi word.”

Listen to the radio broadcast of

Moenie die Vyand Aanbid Nie


Download audio file

Ons wêreld is deesdae so boos. Mense verwag dat ons, God se kinders, voor die bose moet neerbuig; ophou om vir God te getuig; en nie slegs saam met mense die dinge van hierdie wêreld aanvaar nie, maar dit toejuig. En die antagonisme teen ons, word by die dag erger, selfs gevaarliker.

Dit is iets wat ek beslis in my omgewing gesien het. Het jy dit  ook al in jou konteks opgemerk? Dit lyk of die gety van vervolging teen Christene besig is om te styg. Maar weet jy, dis niks nuuts nie.

Toe Israel in die 6de eeu v.C. in Babilon in ballingskap en slawerny weggevoer was, het die Babiloniese koning, Nebukadnesar, geëis dat hulle voor ‘n groot, goue standbeeld van homself moet neerbuig en dit aanbid.

Daniël 3:5,6 ’n Aankondiger het hardop uitgeroep: “Luister na dié bevel, alle volke, nasies en tale: Sodra julle die trompet hoor blaas en die fluit, siter, lier, harp en ander blaas- en musiekinstrumente hoor, moet julle neerval en tot die goue beeld bid wat koning Nebukadnesar laat oprig het. Enigeen wat nie neerkniel om dit te aanbid nie, sal dadelik in ’n vuurwarm oond gegooi word.’

Daniël se drie vriende het geweier, en soos hy gewaarsku het, het Nebukadnesar hulle in die oond gegooi. As jy die res van die storie ken, sal jy weet dat God wonderbaarlik ingetree en hulle gered het. Maar dis nie hoe dinge altyd gebeur nie.

Eeue later het Jesus ook geweier om voor die bose neer te buig en op die ou end is Hy gekruisig! Wat ook al die uitkoms, wat die koste ook al is, moenie swig en voor die bose neerbuig nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.