... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Het jy Jou Geskenk Oopgemaak?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 2:38,39 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”

Listen to the radio broadcast of

Het jy Jou Geskenk Oopgemaak?


Download audio file

Stel jou vir ‘n oomblik voor dat jy op een van jou werklik belangrike verjaarsdae, een van daardie met ‘n nul aan die einde, ‘n geskenk van die persoon vir wie jy die liefste is, ontvang. Dis pragtig toegedraai met ‘n groot rooi strik om. Sjoe! Dit bring sommer trane in jou oë. Nouja, wat doen jy? Jy sit dit, net so toegedraai, in ‘n kas en vergeet daarvan. Regtig? Dit sal beslis nie sin maak nie, nè?

En dis hoe baie Christene met die gawe van die Heilige Gees maak.

Handelinge 2:38,39 Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”

Hoekom doen ons dit? Miskien omdat ons nie ons harte en lewens wil verander nie. Miskien verstaan ons nie regtig wie of wat die Heilige Gees is nie. Miskien voel ons bedreig deur die krag van God wat deur sy Gees in ons woon. Of miskien … miskien dink ons nie eers daaraan nie.

Weet jy, dat as jy in Jesus glo, begeer Hy om jou lewe te transformeer; Hy wil jou van die sonde wat jou bind, vrymaak. Hy wil jou vergewe en bemagtig om ‘n nuwe lewe te lei; ‘n lewe as een van sy kinders.

En as jy Jesus as jou Verlosser aanneem, en indien jy onderneem om jou hart en jou lewe vir Hom te gee … dan sal Hy jou vergewe. Dan sal Hy jou die gawe van die Heilige Gees gee.

Ja, my vriend, hierdie geskenk is vir jou. Haal die strik af en maak dit oop … ter wille van die Naam van Jesus! Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.