... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Laat Daar Lig Wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 5:14-16 Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Listen to the radio broadcast of

Laat Daar Lig Wees


Download audio file

Soms maak die lewe glad nie sin nie. Die goed wat in jou lewe, jou hart, jou gesin en jou werk aangaan … maak net nie sin nie. Wat jy nodig het, is iemand om ‘n lig op dit alles te laat skyn, om jou te help om sin daaruit te maak.

As jy ‘n Christen is, is hierdie onverstaanbare dinge dikwels ook frustrerend, maar ons glo in ‘n almagtige, liefdevolle God. Ons hou vas aan ‘n God wat soewerein oor alles is. ‘n God wat alles onder beheer het.

Maar dink net hoeveel erger dit nie moet wees vir iemand wat nie vir God ken nie, wat nie die lig van sy liefde in sy hart ervaar nie. En dit is na daardie mense wat God vir ons, wat in Jesus glo, gestuur het – om net soos ‘n lantern sy lig in die donker plekke van hul lewens te skyn.

Aan ‘n klomp gewone mense – nie die magtige, geleerde, godsdienstige leiers in Jerusalem nie, maar aan die boere, die winkeliers en die arbeiders – het Jesus dit so gestel:

Matteus 5:14-16 Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

My vriend, as jy in Jesus, wat die lig van die wêreld was en is, glo, weet jy dat Hy jou aangestel het om in sy voetspore te volg? Hy het jou aangestel om soos ‘n lantern te wees, om sy lig in die lewens van ander te skyn. Dit maak jou vandag, die lig in hulle wêreld.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.