... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sal Jy Rus?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

Listen to the radio broadcast of

Sal Jy Rus?


Download audio file

Dit is ‘n ware paradoks, ‘n raaisel, dat jy steeds alles behalwe goed uitgerus voel, selfs wanneer jy dit regkry om genoeg rus, genoeg slaap of ‘n blaaskans van jou harde werk, te kry. Daar is ‘n rede daarvoor.

Fisiese rus is slegs een deel van die geheel. Om werklik uitgerus te voel, moet jou siel tot rus kom; jy moet vrede in jou hart hê.

Jy sal teëstand ervaar. Daar sal gekompliseerde verhoudings wees om te hanteer. Daar sal stres en spanning oor onbenullige dingetjies wees. Ek wil jou vertel, dat ek vanoggend toe ek opgestaan het om vandag se boodskap te skryf, geweet het dat ek nou-nou ‘n netelige kwessie in ons bediening moet hanteer. Dis die lewe. Dit gebeur met ons almal.

Maar Jesus verstaan dat ons daagliks uitdagings moet hanteer en Hy nooi ons uit in:

Matteus 11:28-30 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

Jesus rig ‘n uitnodiging aan ons terwyl ons worstel om kop bo water te hou en ons knieë begin knak onder al die probleme en verantwoordelikhede wat ons moet dra. Hy roep ons, Hy nooi ons vandag om te midde van ons moeilike omstandighede, na Hom te kom. Hoekom?

Want Hy is die Een, die enigste Een, wat ons rus vir ons siel kan gee. En die rede waarom soveel mense nooit ware rus ervaar nie, is omdat hulle nie sy uitnodiging ernstig opneem nie. Sal jy? Sal jy sy rus kies?

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.