... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Obsessie om te Beheer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 4:7,8 Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes.

Listen to the radio broadcast of

Die Obsessie om te Beheer


Download audio file

Die beste manier om te verseker dat dinge, wat ook al daardie “dinge” is, uitwerk soos jy wil hê dit moet, is om dit self te beheer. Natuurlik is dit die antwoord. Beheer alles. Maar weet jy, dis nie hoe dit werk nie. . .

Trouens, die lewe het ‘n snaakse manier om dinge oor jou pad te bring, wat jy nooit verwag het nie. Soms is dit klein onverwagte dingetjies wat jy maklik kan hanteer. Ander kere is dit egter groot dinge. Jy het dit al beleef, ek het dit al beleef – en ons almal sal dit weer beleef. Maar ongelukkig reageer ons dikwels nie so goed op hierdie onverwagte dinge nie.

Soms word ons smartvrate en onttrek ons onsself. Ander kere wil ons dit met geweld regsien en dit maak dinge net erger.

Die apostel Petrus het aan die vervolgde Christene wat ontsettende dinge beleef het, geskryf om hulle te bemoedig en raad te gee oor hoe om ontberings te hanteer. Sommige van hulle is letterlik lewendig verbrand. Dinge kan nie veel erger as dit word nie, nè?

1 Petrus 4:7,8 Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes.

Hoe wil God hê moet ons optree wanneer daar verskriklike dinge met ons gebeur? Dis reg! Hy wil hê ons moet selfbeheers en nugter wees!

Aan die eenkant, moet ons nie dikbek rondloop nie; en ons moet beslis nie in selfbejammering verval nie. En aan die anderkant, moet ons nie bakleierig raak en die res van die wêreld vir ons ellende blameer nie. Daar is niks so belangrik as die opdrag dat jy jou naaste moet liefhê asof jou eie lewe daarvan afhang nie; veral wanneer jy in die versoeking kom om verkeerd op te tree.

Daag jouself uit om in Christus, met sy krag, die krag van die Heilige Gees, beheersd op te tree wanneer jy nie die dinge wat met jou gebeur, kan beheer nie.

Wees selfbeheers en nugter.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.