... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Selfs Wanneer Jy Oud Word …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 92:13-16 Maar regverdiges sal blom soos ’n palmboom, en welig groei soos ’n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra hulle is vars en lewenskragtig. Hulle sal sê: Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Selfs Wanneer Jy Oud Word …


Download audio file

Een van die groot tragedies wat deesdae soos ‘n wêreldwye pandemie afspeel, is dat ouer mans en vroue – diegene met die ervaring en wysheid van jare – handdoek ingooi.

Wat bedoel ek met handdoek ingooi? Ek bedoel dat hulle ophou om ander mense te dien. Hulle hou op om hul gawes, vermoëns en tyd  – waarvan hulle nou in oorvloed het – te gee om ander te seën. Ja, ons weet almal dat ‘n mens die een of ander tyd jou betaalde diens sal staak. Goed.

Maar te dikwels besluit mense dat dit nou die tyd is om aan hulle aftree-drome en begeertes te dink … ja-nee dit gaan alles oor my. Ék sal om die wêreld vaar. Ék sal lekker dinge vind om myself mee besig te hou. So bietjie vir bietjie fokus hulle uiteindelik meer en meer op hulself, en verkwis hulle vermoëns, ervaring en wysheid.

Maar dit is nie hoe dit veronderstel is om te wees nie, want hoe meer jy op jouself gefokus is, hoe minder bevredigend word die lewe. Nouja, hier is God se plan – ingeval jy wonder:

Psalm 92:12-15 Maar regverdiges sal blom soos ’n palmboom, en welig groei soos ’n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra hulle is vars en lewenskragtig. Hulle sal sê: Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.” (NLV)

Ons verstaan dat ons, soos ons ouer word, liggaamskrag verloor, totdat ons eendag doodgaan. Maar diegene wat aan die Here behoort, is veronderstel om aan te hou om vrugte te dra … net soos die jong, gesonde bome. Hulle werk is om deur die lewe wat hulle lei, vir almal ‘n voorbeeld te wees van hoe goed die Here is.

Moenie handdoek ingooi nie. Hou aan om vrugte te dra.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.