... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bepaal die Koers

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 4:20 Want in die koninkryk van God gaan dit nie om blote praatjies nie, maar om 'n lewe in die krag van God. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Bepaal die Koers


Download audio file

Ek wonder tot watter gevolgtrekking jy kom, wanneer jy die emosionele en geestelike gesondheid van jou gesin evalueer? Is jy redelik tevrede … of is ‘n tragedie besig om voor jou oë af te speel?

Terwyl ons die afgelope paar dae oor gesinne gepraat het en elkeen oor sy eie gesin nagedink het, het dit redelik duidelik geword dat “die perfekte gesin” vandag net so ‘n realiteit soos die tandmuis is.

Elke gesin het sy probleme, sy onenighede, sy konflikte en sy swart skape. En tog het God jou gesin baie liewer as wat jy ooit kan dink. Dit is die rede waarom Hy Jesus gestuur het om te sterf en weer op te staan. Sy doel was om vergifnis en nuwe lewe vir elke lid van jou gesin te bring.

Maar hier lê die knoop. Ek en jy kan gebedsbyeenkomste, bywoon, ons kan kerk toe gaan, ons kan vir ons gesin preek totdat ons blou in die gesig is en niks verander nie. Soms is dit God se tydsberekening. Ander kere is dit ons eie skynheiligheid. Ja, indien dit nie die kernprobleem is nie, kan dit beslis ‘n groot bydraende faktor tot ons disfunksionele gesin wees.

Wanneer ons gesindhede en optrede nie met ons woorde stryk nie, kan óns self die grootste struikelblok wees, wat verhoed dat God ons gesinsverhoudings genees. Ons vind die rede in …

1 Korintiërs 4:20: Want in die koninkryk van God gaan dit nie om blote praatjies nie, maar om ‘n lewe in die krag van God. (NLV)

Jesus wil eers jóú lewe verander. Jesus se doel is om jou te snoei, jou te vorm, jou nederig te maak en jou daardeur te bemagtig om sy ambassadeur vir jou gesin te wees.

Jou woorde sal nie die liefde van Christus aan jou gesinslede bewys nie, maar jou optrede en jou houding sal. Hou dus op met praat en begin doen. Want in die koninkryk van God gaan dit nie om blote praatjies nie, maar om ‘n lewe in die krag van God.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.