... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe om God se Vyand te Wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 4:4-6 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”

Listen to the radio broadcast of

Hoe om God se Vyand te Wees


Download audio file

Ek weet nie wat jy oor die bestaan van ‘n almagtige, liefdevolle God glo nie, maar veroorloof my die geleentheid om hierdie volgende vraag te vra: As Hy wel bestaan, sou jy regtig sy vyand wou wees? Sou enigiemand?

Om God se vyand te wees. . .Dis ‘n skrikwekkende gedagte. En tog het so baie mense sy vyande geword. Selfs diegene wat hul geloof in Jesus, wat gesterf het om vir hul sondes te betaal en weer opgestaan het om aan hulle ‘n nuwe, ewige lewe te gee, bely. 

Hoe kan dit moontlik wees? Wel, kyk wat is die oorsaak in:

Jakobus 4:4-6 Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie ‘n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy ‘n vyand van God is. Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”

Hoe meer ons die dinge van hierdie wêreld liefhet – die gemak, die geld, die status, die erkenning, die vervalle sedes, die opsetlike leuens – hoe nader kom ons daaraan om God se vyande te word. Ja, ons weet almal hoe ongelooflik maklik dit deesdae is om in daardie strikke te beland, nè?

Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”

Stel jou dus voor … hoe sou jou lewe lyk indien jy jouself verneder, jou wêreldse trots laat vaar en getrou aan God bly?

Besef julle nie dat vriendskap met die wêreld jou ’n vyand van God maak nie? (NLV)

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.