... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wanneer Veiligheid Oorskat Word

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 15:30-32 En waarom sal ons ons lewens uur na uur in gevaar stel? Dag na dag verkeer ons op die randjie van die dood. Dit is die absolute waarheid, broers en susters, net so seker as dat julle ons trots is oor wat Christus Jesus ons Here vir julle gedoen het. Verder, waarom sou ek as’t ware met wilde diere in Efese geveg het as dit alles verniet was? As daar geen opwekking van die dooies is nie, “laat ons feesvier en dronk word, want môre sterf ons” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Wanneer Veiligheid Oorskat Word


Download audio file

Die meeste van ons vermy gevaar. Ek praat nou nie van valskermspringers, bergklimmers en allerhande ander adrenalien-verslaafdes nie! Maar hier in die 21ste eeu smag die meeste van ons na veiligheid en gemak.

Vandat ek onlangs 65 geword het, is dit ongelooflik hoe die sosiale media my peper met artikels oor wat dit verg om ‘n gemaklike aftrede te hê, hoeveel geld ek sal nodig hê, watter sosiale kontakte ek moet maak, alles en nog wat oor hoe ek moet aftree.

Afgesien van hoe ontstellend dit is om so deur hulle algoritmes geteiken te word, kan ek jou sê, dit is ‘n ware lokval. Maar hierdie hoogs aantreklike wêreldse toevlug na veiligheid en gerief, is nie noodwendig wat God vir die res van ons tyd hier op aarde in gedagte het nie. Die apostel Paulus skryf in:

1 Korintiërs 15:30-32 En waarom sal ons ons lewens uur na uur in gevaar stel? Dag na dag verkeer ons op die randjie van die dood. Dit is die absolute waarheid, broers en susters, net so seker as dat julle ons trots is oor wat Christus Jesus ons Here vir julle gedoen het. Verder, waarom sou ek as’t ware met wilde diere in Efese geveg het as dit alles verniet was? As daar geen opwekking van die dooies is nie, “laat ons feesvier en dronk word, want môre sterf ons” (NLV)

Jawel, miskien is ek en jy nie tot dieselfde uiterstes as die apostel Paulus geroep nie, maar terselfdertyd, soos John A Shedd, ‘n19de eeuse skrywer dit gestel het, is ‘n Skip in die hawe veilig, maar dit is nie die rede waarom skepe gebou word nie.

Moenie te gemaklik raak nie. God het dalk ‘n ander plan.

Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.