... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie se Fout is Dit?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor.

Listen to the radio broadcast of

Wie se Fout is Dit?


Download audio file

Ek het al ‘n paar dwase dinge in my lewe aangevang. Wat van jou? Ons wens ons kon hulle ongedaan maak … maar ons kan nie. En, heel moontlik, ervaar jy steeds die gevolge van daardie optrede.

Ons haat dit om ons eie foute te bely; om te erken dat ons verkeerd was; om te erken dat ons houding en ons optrede vir onsself, en vir ander, groot pyn veroorsaak het. “Ek was verkeerd,” is een van die moeilikste en pynlikste dinge om aan onsself te erken, en dis nog baie moeiliker om dit teenoor ander te bely.

Dit is baie makliker om iemand anders te blameer. En weet jy dit is so maklik om God te blameer, dit is mos net logies, want Hy is tog in beheer van alles. Here, hoekom het U dit laat gebeur? Hoekom het U my nie gewaarsku nie? Hoe kon U my toelaat om so ‘n gemors van dinge te maak?

Dit maak tog sin. Ja, ons mense blameer Hom vir ons ellende  -selfs net deur sulke vrae te vra. Kom ons kyk wat Salomo met sy goddelike wysheid oor hierdie hele blameer-ander-speletjie gesê het:

Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor.

Of, as jy na ‘n meer letterlike vertaling van die oorspronklike Hebreeuse teks wil kyk … Sy eie dwaasheid bring ‘n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here.

Kyk, God is ‘n onwankelbare God en Hy gaan nie van sy troon afval, wanneer ons Hom blameer vir iets waaraan ons skuldig is nie. En wanneer ons uiteindelik tot ons sinne kom, is Hy getrou. Hy sal ons vergewe. Maar kom ons word wys, kom ons kom tot ons sinne voordat ons God die skuld wil gee.

Die gevolge van die dom dinge wat ons doen, is nie God se skuld nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.