... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Doelgerigte Dissipel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 14:25-27 ‘n Groot menigte het saam met Jesus gereis. Hy draai toe om en sê vir hulle: “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Doelgerigte Dissipel


Download audio file

Die woord “gelykheid” word deesdae dikwels misverstaan. Baie mense is ingestel op die uitkoms, terwyl dít waarop ons moet fokus, gelyke geleenthede is.

Laat my toe om te verduidelik. Glo jy dat ‘n kind uit ‘n benadeelde agtergrond dieselfde geleentheid moet hê om universiteit toe te gaan as enigiemand anders? Ek hoop so.

Maar kom ons sê dat twee studente medies, regte of argitektuur bestudeer. Ongeag hul agtergrond; bevoorreg of minderbevoorreg, is die een hardwerkend en leergierig, terwyl die ander lui is, sy klasse oorslaan en werkopdragte laat inhandig. Behoort hulle albei gelyke uitkomste te hê? Ek hoop beslis nie so nie! Een van hulle kan eendag my dokter, of prokureur of argitek wees.

Die Griekse filosoof Aristoteles het geskryf: Uitnemendheid is nooit ‘n ongeluk nie. Dit is altyd die resultaat van ‘n doelgerigte besluit om met opregte moeite en intelligensie te doen wat vereis word.

Ek stem saam. Ek wil graag oor Christene, Jesus-volgelinge, of dissipels praat. Elkeen van ons het gelyke toegang tot Jesus. Hy het vir eens en vir altyd vir ons almal gesterf. Maar as ons kyk na gelykheid van uitkoms? Wel, kom ons hoor wat Jesus self sê in:

Lukas 14:25-27n Groot menigte het saam met Jesus gereis. Hy draai toe om en sê vir hulle: “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.

Goed, Hy gebruik ‘n oorbeklemtoning om dit duidelik te stel, sodat ons dit nie verkeerd sal verstaan nie:

Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy