... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vind Rus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jeremia 31:25 Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.

Listen to the radio broadcast of

Vind Rus


Download audio file

Jy hoor nie dikwels dat mense wat geestelike werk doen, vir ander mense vertel dat ons moeg word nie. Ek is immers die prediker. Ek is veronderstel om al die gerusstellende antwoorde te hê. Ja! Maar ons word moeg. Baie moeg.

En ja, daar is tye wat uitputting en swakheid my baasraak. Al bly ek fiks en gesond, al eet ek gesond, al skep ek tyd om te rus en saam met my gesin deur te bring, is daar tye wanneer alles my net oorweldig.

Die rede waarom ek die saak bespreek, is dat ek jou wil gerusstel, jou wil vertel, dat dit nie net jy is, wat so voel nie. Moegheid kom in baie verskillende vorme voor. Dis natuurlik fisies, maar ook emosioneel en geestelik. Soms is dit ‘n volslae aanslag wanneer al drie jou gelyktydig tref.

Jy voel swak, jy voel moeg, jy voel heeltemal onmagtig om die wêreld in die oë te kyk. Ek is ‘n Christen wat op God vertrou, ek is nie veronderstel om so te voel nie. Wat gaan aan? Wat doen ek dan verkeerd?

Maak ‘n Bybel oop, lees enigiemand se storie – van Adam en Eva, tot Moses, Abraham, Josef, Dawid … tot by die apostel Paulus in die Nuwe Testament en ja, selfs Jesus – en jy sal ontdek dat moegheid hulle almal getref het. Kan ek dit herhaal? ‘n Honderd persent van daardie belangrike Bybelse karakters het uitputting ervaar. Nouja, wat doen ‘n mens nou? Hier’s die antwoord? Jy vertrou op God:

Jeremia 31:25 Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.

Charles Spurgeon het eenkeer gesê: Gaan werp jouself op God se getrouheid op die manier wat jy jou op jou bed sou uitstrek, en bring al jou moegheid na Hom.

Werp jouself op God wanneer jy moeg en moedeloos is.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.