Ontwykingsstrategie
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.
Jakobus 1:5,6 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.
Ek dink nie daar is ‘n enkele persoon op aarde wat op hierdie oomblik die perfekte lewe lei nie. ‘n Lewe heeltemal sonder probleme? Gmf! Watter probleme ondervind jy tans? Hoe hanteer jy hulle of ontken jy dat hulle bestaan?
Ek wonder of jy met my absolute gunsteling tekenreeks, “Charlie Brown,” vertroud is? In een strokie stap Linus en Charlie Brown saam en gesels. Linus sê: ‘Ek hou nie daarvan om probleme te hanteer nie. Ek dink die beste manier om probleme op te los is om hulle te ontwyk. My teorie is, dat geen probleem so groot of ingewikkeld is, dat ‘n mens nie van hom kan weghardloop nie!” Dit werk miskien vir Linus, maar dis nie hoe dit in die regte lewe is nie.
As ons, ons probleme probeer ontwyk, word hulle steeds groter en groter en hulle agtervolg ons. Ek wonder nou, op watter vlak lê die probleme wat jy probeer vermy; is dit verhoudings, is dit finansieel of persoonlik? Jy kan hulle ‘n rukkie ignoreer, maar op die ou end sal die lewe soveel beter wees as jy hulle konfronteer en hanteer – hoe onaangenaam dit ook al mag lyk.
Oukei, miskien het jy nie al die antwoorde nie, maar hier is raad in: Jakobus 1:5,6 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. Maar ‘n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.
Ek wonder wie het ons die idee gegee dat ons al ons probleme self moet oplos? Onthou: God se wysheid is enige tyd en oral tot jou beskikking! Glo net en vra sommer nou. Hy gee dit elke keer blymoedig en vrylik.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.