... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Weier om ‘n Alledaagse Lewe te Lei

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 1: 12,13 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.

Listen to the radio broadcast of

Weier om ‘n Alledaagse Lewe te Lei


Download audio file

Dit is ‘n groot stap – ‘n baie groot besluit om in Jesus te glo: Om vir eens en vir altyd te aanvaar dat Hy is wie Hy sê Hy is; dat Hy gekom het om jou te red; dat Hy vir jou ‘n nuwe lewe kom gee het.

En as jy daardie stap geneem het, dan het daar iets baie spesiaals gebeur, iets wat ons te midde van die gewoel en gewerskaf van die daaglikse lewe, so maklik mis. Hier is dit:

Johannes 1:12,13 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ‘n mens of die besluit van ‘n man nie, maar hulle is uit God gebore.

Dis wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

Wanneer jy Jesus aanneem; in Hom glo en dit wat Hy vir jou aan die Kruis gedoen het, volkome aanvaar, naamlik dat Hy die straf vir jou wandade, wat jy verdien het, op Hom geneem het, sodat jy deur God vergewe kan word … dan word jy wedergebore. Nie op ‘n menslike vlak nie, maar as ‘n geskenk van God self!

Stop net en dink daaraan. Jy het ‘n kind van die lewende God geword. Dit is tyd om te weier om ‘n alledaagse, nuttelose lewe te lei. Dit is tyd om te onthou wie se seun of dogter jy werklik is, en tyd om daarvolgens te lewe. God wil magtige dinge in jou en deur jou doen … want jy is sy kind.

Die oomblik toe jy in Jesus geglo het, het Hy jou die reg gegee om ‘n kind van God te word. Moet nooit vergeet wie se seun of dogter jy is nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.