... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Amper Dood….Maar God!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs 11:11,12 Omdat Abraham geglo het, het hy, hoewel Sara onvrugbaar was en hy al te oud, krag ontvang om 'n kind te verwek, omdat hy God wat dit beloof het, getrou geag het. Die gevolg was dat daar van een man, 'n man wat nie meer 'n kind kon verwek nie, kinders afgestam het so talryk soos die sterre van die hemelruim en so baie soos die sand van die see.

Listen to the radio broadcast of

Amper Dood….Maar God!


Download audio file

Soms neem God ons tot op die rand van ‘n onmoontlike situasie, sodat ons vir ‘n tyd, waar ons wik en weeg in ons geloof tot stilstand kan kom. Hoe lank gaan jy aanhou? Wanneer moet jy feite in die oë staar en tot jou sinne kom?

Enigiemand wat ‘n groot stap in die geloof geneem het, het hulself al afgevra: “Is dit God se opdrag, of het ek my dit net verbeel?” Net daar is die dilemma van geloof. Kyk na Abraham en Sara. Hulle kon nooit kinders hê nie en teen die tyd dat God vir hulle ‘n kind van hul eie belowe het, was hulle hopeloos te oud daarvoor.

Hebreërs 11:11,12 Omdat Abraham geglo het, het hy, hoewel Sara onvrugbaar was en hy al te oud, krag ontvang om ‘n kind te verwek, omdat hy God wat dit beloof het, getrou geag het. Die gevolg was dat daar van een man, ‘n man wat nie meer ‘n kind kon verwek nie, kinders afgestam het so talryk soos die sterre van die hemelruim en so baie soos die sand van die see.

Abraham was vyf-en-sewentig jaar oud toe hulle hul gemaklike bestaan opgegee het om op hierdie onbekende reis te vertrek. Hy was reeds nege en negentig toe God vir hom ‘n nageslag belowe het en toe hy ‘n honderd jaar oud was, dat God vir hulle ‘n kind, Isak, uit hul eie (bykans lewelose liggame) laat voortkom het.

Luister mooi. Wanneer jy met jou hele hart glo dat dit ‘n woord van God is (ja, al is dit onvolmaak, al twyfel jy soms, al is daar mislukkings en worstelings langs die pad), al lyk dit asof daar geen lewe is nie, is daar!

Want wanneer God ‘n plan het, is dit nooit afgehandel voordat sy plan vervul is nie. Nooit!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.