... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Basuin dit uit van die Bergtop Af

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Kronieke 16:8,9 Loof die Here. Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. Sing liedere, sing tot sy eer vertel van al sy magtige dade.

Listen to the radio broadcast of

Basuin dit uit van die Bergtop Af


Download audio file

Ek probeer my soms indink, hoe dit vir die mense moes gewees het toe vrede na die Eerste en Tweede Wêreldoorloë gesluit is. Dit moes absoluut ongelooflik gewees het. En ons almal het seker al die voorstellings van die groot feesvieringe wat plaasgevind het, gesien. Uiteindelik … vrede!

My ouers was tydens die Tweede Wêreldoorlog in Europa. My pa het in die Duitse leër aan die Russiese front geveg. Hy was by Stalingrad voordat hy gevange geneem is en in ‘n Britse krygsgevangenekamp aangehou is. En alhoewel hy nooit baie daaroor gepraat het nie, weet ek dat toe vrede verklaar is en hy uiteindelik vrygelaat is … hy met onuitspreeklike vreugde gevul was.

Nou ja, jy kan verstaan dat ‘n man nie eintlik oor die gruwels van oorlog praat nie, maar kan jy jou voorstel dat ‘n man wat weet dat vrede verklaar is, dit nie met sy vriende sal deel nie? Dit sou heeltemal ondenkbaar wees.

Nou sê my, waarom is daar so baie mense wat hulself Christene noem, wat so bedees en selfs stilswyend is, wanneer dit kom by die verstommende goeie nuus dat Jesus vir ons sonde gesterf het om vir ons die gratis gawe van die ewige lewe te gee? Hoe is dit dan dat jy nie vir mense daarvan vertel nie? Kyk wat is ons opdrag in:

1 Kronieke 16: 8,9 Loof die Here. Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het. Sing liedere, sing tot sy eer vertel van al sy magtige dade.

Waarom roep God se mense nie hierdie goeie nuus van die bergtoppe af uit nie? Hoekom dank ons Hom nie, met ons hele hart nie? Hoekom loof ons Hom nie en vertel ons nie vir ander mense van die wonderlike dinge wat Hy gedoen het nie? Hoekom het ons so blasé geword oor iets oneindig beter as die einde van ‘n wêreldoorlog?

Kom nou! Vrede is verklaar. Vertel die goeie nuus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.