... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Passie, Jou Roeping

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 15:16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.

Listen to the radio broadcast of

Jou Passie, Jou Roeping


Download audio file

Het jy jouself al ooit beskou as iemand wat in die vrugtebedryf werk? Iemand wie se werk dit is om goeie vrugte te dra, dit te produseer en te versprei? Want as jy ‘n volgeling van Jesus is, is dit presies die bedryf waarin jy betrokke is.

Jy is absoluut uniek. Onder die meer as 8 miljard mense op die planeet wat op hierdie oomblik leef, dié wat voor ons gelewe het, en diegene wat na ons sal kom; was daar, is daar tans en sal daar nooit weer, iemand soos jy wees nie.

Wat ‘n wonderlike gedagte om jou eie te maak en oor na te dink. Jy is absoluut enig in jou soort! Dit beteken dat jy dinge het waaroor jy passievol is, wat dalk nie eers in my gedagtes opkom nie; dinge waartoe jy in staat is, wat die res van ons nooit eers sal kan doen nie.

En as jy in Jesus glo, weet dit:

Johannes 15:16 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.

Kan jy dit dink, dat Jesus jou – ja, vir jou – gekies het, al het Hy presies geweet wie jy is, waaroor jy passievol is en waarvan jy nie hou nie. En Hy het vir jou hierdie opdrag gegee: om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. Prys die Here, dat die vrugte wat jy produseer, heeltemal anders sal wees as die vrugte wat ek produseer.

Verstaan jy dus dat die dinge waaroor jy passievol is, nie toevallig is nie; dit is jou roeping. Weet jy wat gebeur wanneer jy daardie passie van jou in die naam van Jesus, vir Sy eer, najaag?

Jy is daar buite in die wêreld en produseer ewige vrugte in jou eie lewe en die lewens van ander. Dit is presies hoe dit veronderstel is om te werk.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.