... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kies die Eerbare Weg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

Listen to the radio broadcast of

Kies die Eerbare Weg


Download audio file

Daar is deesdae baie dinge wat ons aandag aflei. Sommige van hulle is baie positief. Maar hulle neem bietjie vir bietjie toe en voor jy jou oë uitvee, is jy op ‘n glibberige afwaartse glybaan, op pad weg van God af.

Ek vertrou dat God jou met genoeg kos, klere, ‘n dak oor jou kop en ‘n paar liefdevolle verhoudings geseën het. En, ja, bo en behalwe daardie basiese lewensbelangrike dinge, is dit wonderlik om af en toe ‘n vermaaklike fliek te kyk, of om jouself vir jou gunsteling sportspan hees te skree, of om ‘n bietjie vakansie te hou.

Daar is niks verkeerd met enige van daardie dinge nie, totdat … hulle die belangrikste dinge in ons lewens word. Tot ons meer en meer van hulle wil hê. Totdat hulle ons so ver van God af neem dat ons in ons gedagtes, woorde, dade, in ons hoop, drome en begeertes, vyande van die Kruis word. Hoor hier:

Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.

Hoe lyk baie mense se lewensreis deesdae? Leef hulle as vyande van die kruis van Christus; voel hulle nooit vervuld nie, nooit tevrede nie en het hulle onbewustelik die weg tot vernietiging gekies?

Maar ek en jy is burgers van die hemel. Ons wag vir Jesus se wederkoms. My vriend God het jou geroep om die eerbare weg op jou reis en in jou wandel deur hierdie lewe, te kies. Moenie ‘n vyand van die kruis word nie.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.