... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Sy Verlossingsplan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Sefanja 3:16,17 Daardie dag sal vir Jerusalem gesê word: “Moenie bang wees nie, Sion! Moenie moedeloos word nie. Die Here jou God is by julle. Hy is ’n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Sy Verlossingsplan


Download audio file

Wanneer ons deur ‘n swaar tyd gaan . . . dan begin ons moeilike vrae vra. Het ek te ver afgedwaal? Het God my nog lief? Het Hy my nou afgeskryf?

Daar was baie kere wat Israel, God se uitverkore volk, die spoor byster geraak het. Hulle het by tye afgode aanbid, ooreenkomste met bose nasies gesluit, ongeregtighede gepleeg, die armes geïgnoreer, hulleself aan onsedelikheid oorgegee en vir die soveelste keer hul gebrek aan geloof in die God, wat hulle uit Egipte na die Beloofde Land gebring het, gedemonstreer.

Die hele Ou Testament is ‘n treurmare van hulle mislukkings; ‘n demonstrasie van hulle (en die mensdom se) onvermoë om God te eer. Gedurende een van daardie tye spreek God hierdie harde oordeel oor Jerusalem uit:

Sefanja 3:1,2 Wee die eiesinnige Jerusalem, besoedelde stad van verdrukking. Hulle is ongehoorsaam en wil nie reggehelp word nie. Hulle vertrou nie op die Here nie, en aanbid nie hulle God nie.

En dan, amper in dieselfde asem, sê Hy vir hulle in:

Sefanja 3:16,17 Daardie dag sal vir Jerusalem gesê word: “Moenie bang wees nie, Sion! Moenie moedeloos word nie. Die Here jou God is by julle. Hy is ’n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel.” (NLV)

Van sonde, tot oordeel, tot gevolge, tot … bemoediging, tot verlossing, tot oorwinning, tot blydskap, tot sang. Dit is ‘n patroon wat oor en oor herhaal word. Hoekom? Omdat God ons liefhet.

Dit maak nie saak hoe sleg dinge gaan nie, God se voorneme is altyd (altyd!) om mense te verlos. Sy doelwit is altyd om jou nader te trek. Hy jubel en juig oor jou met luide gesang!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.