... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Volwasse Denke

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:14-16 Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. Almal van ons wat geestelik volwasse is, behoort hierdie doel te hê. As daar enigiets is waaroor julle anders dink, sal God ook dít vir julle duidelik maak. Nietemin, laat ons aanhou loop op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.

Listen to the radio broadcast of

Volwasse Denke


Download audio file

Het jy al opgelet dat hoe meer jy jouself inspan om iets te doen wat die moeite werd is, hoe meer is jy geneig om versigtiger en stadiger te raak. Ja, jy word selfs ‘n bietjie rustiger; jou gedagtes dwaal so maklik … en dan kom jy tot stilstand…

Gister het ons gesels oor die apostel Paulus se kragtige raad, oor hoe ons die res van ons tyd op hierdie aarde behoort te leef … 

Filippense 3:14 Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee.

Maar weet jy, om voluit te hardloop is harde werk wanneer jy jou kruis opgeneem het om Jesus te volg. Maar net ingeval jy lus kry om jou pas te vertraag, kyk wat skryf Paulus nog in:

Filippense 3:15,16 Almal van ons wat geestelik volwasse is, behoort hierdie doel te hê. As daar enigiets is waaroor julle anders dink, sal God ook dít vir julle duidelik maak. Nietemin, laat ons aanhou loop op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het. 

Wie moet na die wenpaal haas? Almal van ons wat geestelik volwasse is! Miskien maak God nou vir jou iets duidelik. Miskien is dit die Heilige Gees wat jou aanmoedig om gedurende die nuwe jaar aan te hou met die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.

Die realiteit is dat wanneer jy nie vorentoe beur nie, en nie voluit na die prys, wat in Christus reeds joune is nie, hardloop; dan gly jy agteruit. Jy beweeg na die gebied waar die duiwel, wat gekom het om jou te beroof, jou keer op keer sal aanval. Leef voort en volg die waarheid wat jy reeds ken. Hardloop voluit na die wenstreep!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.