... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Skyn Bewaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:3 Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.

Listen to the radio broadcast of

Die Skyn Bewaar


Download audio file

Kan ek vra hoeveel van jou tyd en energie word opgeneem daardeur om ander mense te beïndruk? Kom nou, wees eerlik; op ‘n skaal van nul tot tien, hoe hard werk jy daaraan? En nog ‘n vraag is … is dit regtig die moeite werd?

Ek glo nie daar is een van ons, wat nie wil hê dat ander mense goed van ons moet dink nie. Ons probeer mense beïndruk.

In vandag se wêreld, wat deur die idee van “sukses” gedryf word; is dit wat ons doen.

Het jy al so ‘n persoon ontmoet? Al waarvoor hy omgee, is wat ander mense van hom dink. Dit gaan oor of hy in die regte voorstad woon, die regte motor ry, gesien word by die regte partytjies saam met die regte mense. . .

Maar nou en dan ontmoet jy iemand wat miskien ‘belangrik’ is, of iemand wat baie in die lewe bereik het; miskien is hulle selfs bekend, en jy ontdek dat hulle hulself net as ‘n gewone persoon beskou. Hulle hou daarvan om gewone dinge te doen en saam met gewone mense, soos ek en jy, te kuier.

Watter een van dié soort mense verkies jy – die een wat jou wil beïndruk of die een wat sommer net ‘n gewone mens sonder fieterjasies is? Die apostel Paulus het dit eenkeer geskryf in:

Romeine 12:3 Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.

Wees eerlik, hoeveel van jou energie, jou gedagtes of jou tyd spandeer jy daaraan om ander mense te beïndruk?

Hier is ‘n oplossing. Wees net die beste wat jy kan wees. Wie gee tog om wat ander mense dink ?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.