... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dis Onder Beheer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.

Listen to the radio broadcast of

Dis Onder Beheer


Download audio file

Wanneer ons emosies opvlam – ons woede, ons vrees of dalk ‘n gevoel dat ons nie goed genoeg is nie, wat dit ook al mag wees – beroof dit ons van God se vrede. En in die afwesigheid van vrede, vind ons ons lewens op ‘n oorlogsfront.

Nouja, wat sou jy verkies, vrede of konstante onmin? Dit spreek vanself, nè? Ons almal smag na vrede; ons wil nie vyandigheid en twis in ons lewens hê nie.

En terwyl jy deur die Bybel lees, ontdek jy dat vrede ‘n baie groot prioriteit vir God is. Ons lees in die Ou Testament hoe sy mense seën wanneer hulle Hom eer.

En vrede is wat Jesus, te midde van die gevaarlike dae wat tot sy kruisiging gelei het, vir sy dissipels belowe het. En vrede is die belofte wat God dwarsdeur die Nuwe Testament vir diegene wat in Jesus glo, gee. Maar hoe ons sy vrede gebruik, is heeltemal ‘n ander ding.

Kolossense 3:15 En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.

Kom ons dink daaroor na. Ons kan kies om die vrede van Christus toe te laat om ons denke te oorheers en in ons lewens die deurslag te gee, of om dit nie te doen nie en om ons eie koppe te volg. Wanneer ons besluit om dit nie te doen nie – en ons het al almal daardie keuse gemaak – eindig dit nooit goed nie, of hoe? Wanneer ons op die oorlogspad uit is, maak ons verkeerde keuses wat uiteindelik verskriklike gevolge het. Die lewe is gevul met konflik en konflik is uitputtend, dit maak seer en per slot van rekening is dit nie wat enigeen van ons wil hê nie.

Maar wanneer ons toelaat dat die vrede van Christus ons denke lei … bring dit vir ons vrede. En as jy mooi daaraan dink, gaan vrede gepaard met ‘n lewe van oorwinning. Laat die vrede wat Christus gee, jou denke beheer.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.