... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Groot Verwagtings

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 6:14,15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.

Listen to the radio broadcast of

Groot Verwagtings


Download audio file

Nouja, hoe relevant is daardie gebeure van tweeduisend jaar gelede vir ons hier in die 21ste eeu? Wat de drommel het daardie geskiedenis hierdie “Kersfees” met óns te doen?

Gedurende die afgelope paar dae het ons gesien hoe die mense van Israel die koms van hulle Messias, God se Seun, Jesus, na hulle toe, heeltemal misverstaan en verkeerd geïnterpreteer het.

Hulle het ‘n sterk koning verwag wat die Romeine vir eens en vir altyd met mag en geweld uit hul Beloofde Land sou wegdryf. ‘n Messias wat hulle uit hul omstandighede sou red. Maar God was besig om iets baie groter te doen. Hy het sy Seun vir hulle gestuur om hulle van hulle sonde te red.

Maar selfs nadat Jesus met groot gesag gepreek het, wonderwerke gedoen en mense genees het, het hulle steeds nie verstaan nie!

Johannes 6:14,15 Toe die mense die wonderteken sien wat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen.

Sien jy? Hulle wou Hom steeds forseer om dié koning te wees, wat aan hulle verwagtinge voldoen; om hulle uit hulle omstandighede te red. Maar hoe het Jesus daarop gereageer? Hy het verder die berg op gegaan – Hy alleen.

Hoe gereeld maak ons soos die Israeliete van ouds? God, red my van hierdie probleem. God waai u towerstaffie en los al my probleme vir my op!

Toemaar, ons weet God is betrokke by ons lewens, want Hy het ons tog lief. Maar kom ons verstaan mooi: die rede waarom Jesus vir jou na die aarde gekom het, was om jou van jou sonde te red. Sodat, as jy in Hom glo, jy nie sal verlore sal gaan nie, maar die gratis geskenk van die ewige lewe sal ontvang. Asseblief, laat Hom dit … vir jou doen.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.