... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jy Sal Nie Verlore Gaan Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 10:29 Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.

Listen to the radio broadcast of

Jy Sal Nie Verlore Gaan Nie


Download audio file

‘n Klein kindjie ervaar dikwels skeidingsangs, wanneer van hy onverwags van sy ouers of oppasser geskei word. En al is dit net vir ‘n kort rukkie, is ‘n situasie waar hy byvoorbeeld verdwaal en daardie band van sekuriteit verbreek word, vir hom skrikwekkend.

Ek onthou hoe ek as jong kindjie my ma in ‘n groot afdelingswinkel verloor het. Die klererakke was so hoog dat dit my uitsig belemmer het. Ek kon haar nie sien nie. Ek kon haar nie kry nie. En ses dekades later onthou ek nog die blote vrees van daardie oomblik om verlore te wees: Ek het uitgeroep: Mamma, Mamma!

Menige Christen ervaar van tyd tot tyd daardie vrees van ‘om verlore te gaan’. Wat sal van my word as ek van God wegdwaal? Wat sal gebeur as ek iets so sleg doen, dat God sy geduld met my verloor? Wat sal gebeur as die duiwel my tot my eie vernietiging weglok? Wat as. . .?

Weet jy dat as jy, op ‘n stadium in jou lewe, jou vertroue in Jesus gestel het, dan kan jy absoluut, rotsvas seker wees van die volgende twee dinge: Eerstens, dat jou redding nie jou eie toedoen was nie, maar God s’n. En tweedens, dat geen mag in die heelal ooit sy Wil ongedaan kan maak nie.

Maar moenie net my woord daarvoor aanvaar nie. Hier staan Jesus se eie woorde in:

Johannes 10:29 Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.

Ja, ons weet dat jy soos enige skaap, kan wegdwaal. Maar die Goeie Herder sal die ander nege-en-negentig los om jou te kom vind. Hy sal jou soek tot Hy jou kry. Hy sal jou huis toe bring.

…en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.