... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Hartsaak

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Hebreërs11:4 Omdat Abel geglo het, het hy 'n beter offer aan God gebring as Kain. Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy 'n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood.

Listen to the radio broadcast of

‘n Hartsaak


Download audio file

Jy het dalk gehoor dat daar gesê word: As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Ja, dis waar. Dit kom direk uit sy Woord, die Bybel – Hebreërs hoofstuk 11, vers 6. Maar wat beteken dit nou eintlik vir my en vir jou in ons alledaagse lewe?

Ek is ‘n groot voorstander daarvan om te probeer om God se Woord prakties toe te pas. As jy in Jesus gaan glo en as jy Hom gaan volg (en jy is gewaarsku dat dit altyd, ja, altyd, beproewinge en opofferings van jou gaan vra… ) wil jy per slot van rekening hê dat dit ‘n kragtige, positiewe verskil in jou lewe moet maak, nie waar nie? 

Kyk weer na hierdie stelling – As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Goed, kom ons kyk nou in die Bybel na ‘n praktiese voorbeeld wat verduidelik wat dit beteken.

Hebreërs 11:4 Omdat Abel geglo het, het hy ‘n beter offer aan God gebring as Kain. Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy ‘n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood.

Onthou jy, Kain en Abel was Adam en Eva se seuns. Kain het uiteindelik sy broer Abel uit jaloesie vermoor, want God het Abel se offer aanvaar, maar nie syne nie. Waarom was God tevrede met Abel se offer, terwyl Hy Kain s’n verwerp het?

Dit is omdat Abel sy offer in die geloof dat God goed is, gebring het, terwyl Kain met boosheid in sy hart, sonder geloof in God se goedheid, net gedoen het wat van hom verwag was. Ons sien tog duidelik hoe Kain se boosheid na vore kom, as hy sy broer vermoor.

As jy al ooit gevind het dat jy net dinge doen omdat dit van jou verwag word, is dit tyd vir ‘n hartsverandering, want sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.