... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Klein Klippie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 12:15 In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad.

Listen to the radio broadcast of

‘n Klein Klippie


Download audio file

Is dit nie snaaks hoe dit altyd die klein dingetjies is wat ons in die steek laat nie? Een klein vonkie kan ‘n hele woud afbrand. Een klein klippie kan ‘n perd verlam. Ja, soms moet jy maar mooi bedag wees op die klein dingetjies. Ek het onlangs ‘n nuwe waaier oor die stort in my badkamer laat installeer om die vog uit te suig – die ou een het die gees gegee. Hierdie nuwe een het ‘n splinternuwe blink aluminium rooster wat regtig mooi lyk teen die wit teëls. Toe ons die skakelaar probeer aanskakel, het dit nie gewerk nie. Daar was net so ‘n brom-geluid, maar die waaier wou nie draai nie. Die elektrisiën moes terugkom om dit reg te maak. Dit blyk toe dat daar die kleinste, klein klippie tussen die waaier-lemme en die buitenste omhulsel is. Die oomblik toe hy dit verwyder, het alles begin werk soos dit veronderstel was om te werk. Ek en jy kan ook aan die buitekant fantasties lyk, maar is dit nie waar dat die kleinste klein dingetjies aan die binnekant ons kan keer om te werk soos die Vervaardiger dit beplan het nie? Jy weet mos, dis daardie gebreke in ons mondering wat ons terughou. Ons kan probeer om hulle te ignoreer, maar hulle sal ons altyd van lewenskwaliteit beroof. Kom, wees eerlik vandag. Wat is die klein klippie in jou lewe, in jou samestelling, of jou denkwyse wat jou terughou? Kan jy dit vasvat? En indien wel, wat gaan jy daaraan doen? Kyk wat staan in: Spreuke 12:15 In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad. Die kans is goed dat jy iemand na aan jou, tot raserny dryf  deur daardie einste klein klippie. Hulle het jou seker ook al oor-en-oor daarvan vertel? Die vraag is: Wat gaan jy daaraan doen? Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge