... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nie Wat jy Graag wil Hoor Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 12:6,7 Hy het nog net een oorgehad, sy geliefde seun. Heel laaste het hy hom na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien. Maar daardie boere het vir mekaar gesê: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood; dan sal die erfenis ons s'n wees.’

Listen to the radio broadcast of

Nie Wat jy Graag wil Hoor Nie


Download audio file

Om kritiek te ontvang, is nooit aangenaam nie. Dit raak ‘n gevoelige snaar aan. Dit maak seer. Ja wel, ek weet, ja, ek weet ek is nie perfek nie, maar dis nie lekker om dit by iemand anders te hoor nie. Konstruktiewe kritiek is ‘n ander ding – dit help jou om te groei, reg?

As deel van ‘n leierskapskursus waarby ek betrokke is, het ek onlangs aan ‘n ‘360 grade oorsig’ deelgeneem; waar meerderes, eweknieë en mense wat aan my rapporteer, almal ‘n lang vraelys oor my moes voltooi. 

Hulle antwoorde is tegnologies verwerk in ‘n verslag van 30 bladsye.

Nouja, daar was baie positiewe aanmoediging in die verslag, maar ek is nie perfek nie, met die gevolg dat daar een of twee dinge was wat seergemaak het. Hoe nou gemaak? Wel, jy kan dit verwerp (soos baie mense sal) óf jy kan verantwoordelik daarop reageer, en dit is wat ek probeer doen het.

Jesus het ‘n gelykenis vertel van hoe die Israeliete baie profete wat God na hulle gestuur het, verwerp het. Die valse profete het vir die mense gesê wat hulle wou hoor en hulle was geliefd onder die mense. Die ware profete het vir die mense gesê wat hulle nodig het om te hoor … en hulle is gestenig. Kom ons kyk na die gelykenis in:

Markus 12: 6,7 Hy het nog net een oorgehad, sy geliefde seun. Heel laaste het hy hom na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien. Maar daardie boere het vir mekaar gesê: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood; dan sal die erfenis ons s’n wees.’

Jesus sê nie altyd vir jou wat jy graag wil hoor nie – dis hoekom hulle Hom doodgemaak het. Maar luister in elk geval na Hom. Luister en reageer in elk geval op wat Hy vir jou sê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.