... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Pasop vir die Krokodille!

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 91:14 “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.

Listen to the radio broadcast of

Pasop vir die Krokodille!


Download audio file

Daar is, in die groot wye wêreld, genoeg uitdagende en selfs vreesaanjaende dinge, wat wil verhoed dat ons voluit lewe. Met die gevolg, dat baie mense hulself uit vrees, in veiligheid en gemak probeer toespin. Maar ons weet almal dat dit nie die manier is om jou lewe te lei nie. Dit is beslis ook nie hoe jy ‘n verskil in hierdie wêreld gaan maak nie.

‘n Paar jaar gelede was ek en my vrou, Jacqui, met vakansie na ‘n idilliese, tropiese deel van die land. Dit was warm en sonnig en daar was palmbome en strande. Dit was ‘n fantastiese geleentheid om ‘n bietjie te ontspan.

Ek en Jacqui het een aand so teen skemer, net toe die son sak, langs die strand gaan stap. Ons het geweet dat daar in hierdie omgewing krokodille was, maar ek het hierdie nonchalante houding gehad van: “Ag, dis ‘n toeriste strand. Daar sal tog kennisgewingborde wees om ‘n mens te waarsku as daar regtig krokodille is.”

Ons was tog ‘n bietjie senuweeagtig toe ons in die donker deur die struikagtige gedeelte na ons hotel toe terug moes stap. Die volgende dag het van die plaaslike inwoners ons vertel, dat daar gereeld teen sononder krokodille op die strand is. Ek dink nie ons sal dit sommer gou weer doen nie!

Nou ja, hoewel ons almal soms simpel dinge doen, wil ons nie die noodlot tart en dom flaters soos hierdie herhaal nie. Maar wees verseker: daar is elke dag ‘n hele paar verborge krokodilletjies op die snelweë en afdraaipaadjies van die lewe.

En ons kan óf in vrees en bewing leef, óf ons kan met vrymoedigheid optree en God vertrou, wetende dat ons tog hier en daar ‘n glips sal maak.

Psalm 91:14  lees: “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.”

Moenie ‘n fout maak nie. Die Here beskerm jou, selfs wanneer jy dit nie besef nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge