... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vervang die Toiletrolletjie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”

Listen to the radio broadcast of

Vervang die Toiletrolletjie


Download audio file

Kom ons kyk vandag na die impak wat jy op ander mense se lewens het. Hier is die vraag: Wat is die een ding wat jy kan doen, om ‘n groter positiewe impak op ander se lewens te maak? Soos kinders grootword, is daar verskillende fases, of mylpale, op pad na volwassenheid. Jy kan dink ek is simpel, maar ek dink ‘n kritieke mylpaal in die ontwikkeling van enige tiener, is, wanneer hulle uiteindelik onthou om ‘n vars rol toiletpapier in die houer te sit, wanneer hulle die laaste van die vorige rol gebruik het. Elke ouer wat al ‘n tiener in die huis gehad het, glimlag nou seker! Alle grappies op ‘n stokkie. Daar kom ‘n tyd in ons lewens wanneer ons aan ander mense móét begin dink; waar ons gesindheid moet verander van “ek, ek, ek” na ‘n dienskneg-gesindheid wat meer dink aan die behoeftes van ander. Jesus het dikwels daarna verwys. Toe sy dissipels twis oor wie die belangrikste is, sien ons in: Markus 9:35  Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.” Is dit vergesog? Dit skrei teen alles wat ons moderne wêreld verkondig. Die belangrikste mense is tog diegene, wat hulself as die belangrikste beskou. Of hoe? O nee! Dink daaraan. Dit staan lynreg teenoor die wêreld se sogenaamde ‘wysheid’. Die belangrikste mense in jou lewe, is tog diegene wat jou gehelp het, toe jy hulp nodig gehad het. Diensbaarheid is so ‘n belangrike deel van die grootword proses. Die probleem is egter dat sommige mense nooit grootword nie. En dan wonder ons hoekom ons nie ‘n verskil in ander se lewens maak nie! Word groot. Dien ander. Maak ‘n impak. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge