... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat Verwag Jy?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Miga 5:1 Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede!

Listen to the radio broadcast of

Wat Verwag Jy?


Download audio file

Sal jy omgee as ek jou vandag ‘n persoonlike vraag vra? Hoe voel jy? Wat gaan in hierdie tyd voor Kersfees in jou hart aan? Waarmee is jy besig? Het jy spesifieke verwagtinge? Waarop hoop jy?

In die aanloop tot daardie eerste Kersfees – ja, toemaar ons weet dit was nie destyds as Kersfees bekend nie – het die Israeliete se emosies en gemoedere wipplank gery…. Sedert hulle terugkeer uit ballingskap in Babilon in 518 v.C., met die uitsersondering van ‘n honderd jaar van ongeveer 164 tot 63 v.C. tydens die Makkabese opstand, was hulle land deur die vyand beset. 

Op hierdie stadium in hulle geskiedenis wou hulle hê dat God hulle van die wrede Romeinse besetting moes verlos. Hulle wou ‘n Verlosser hê, daardie Messias wat Hy hulle eeue tevore belowe het. Maar … daar was ‘n probleem.

God het stil geword. Hy het vir eeue lank nie deur enige profete met Israel gepraat nie. Hulle was moedeloos. Wanneer sou hulle Messias dan kom? Was hulle nie God se uitverkore volk nie? Maar God het ‘n plan gehad … en sy plan was heeltemal anders as wat hulle begeer het.

Miga 5:1 Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede!

God se plan was om op ‘n onwaarskynlike plek, op die mees ondenkbare wyse, ‘n Verlosser vir hulle te gee. Alhoewel Hy vir eeue stil was, was dit tyd vir die Leeu om te brul … maar toe kom na Hy na die aarde toe soos ‘n lam; ‘n baba in ‘n stal.

Dit is glad nie wat hulle verwag het nie. Maar Hy was baie groter as wat hulle ooit sou kon dink. God het Jesus, die Verlosser van die wêreld, vir hulle gestuur. God het Jesus, die Verlosser van die wêreld, spesiaal vir jóú gestuur.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.