... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God het jou Lief

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 15:34 Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

Listen to the radio broadcast of

God het jou Lief


Download audio file

Ek en jy smag daarna dat iemand ons moet lief hê. Dit is net hoe ons gemaak is. Ons het onvoorwaardelike liefde nodig. Maar in die alles- maklik-weggooi-era ontwyk dié soort liefde ons dikwels. Het jy al ooit so desperaat en eensaam gevoel, dat dit vir jou voel asof daar nie ‘n enkele persoon op aarde is, wat regtig vir jou omgee nie? Ek het, en dit is absoluut aaklig. Dit is die diepste leegheid in jou siel – jy glo verseker sonder twyfel dat niemand jou liefhet nie; dat daar regtig niemand is, met wie jy kan praat, of op wie jy kan steun nie. Dit was daardie verskriklike verlatenheid, wat Jesus moes verduur, om vir ons sonde aan die kruis te betaal. Hy het vir die eerste en laaste keer in alle ewigheid beleef dat Hy heeltemal afgesny is van sy Vader. Ons lees in: Markus 15:34 “Eloï, Eloï, lemá sabagtani?” Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat? As ek dink aan Jesus, wat daar aan die kruis hang, besef ek dit moes die eensaamste, aakligste plek op aarde gewees het. ‘My God, my God, waarom het U my verlaat?’ Maar Hy het dit vir jou en vir my gedoen. Waar Jesus daar aan die kruis hang, roep God vir my, en vir jou: “Verstaan jy nie? Besef jy nie hoe lief ek jou het nie?” As ek aan die kruisiging dink, gaan daar ‘n pyl deur my hart. Die verskriklike pyn! Die prys! Maar op ‘n vreemde manier maak daardie pyn my weer heel, want dit gaan oor die vaste wete dat ek geliefd is. Daar kan nooit weer enige twyfel in my hart wees nie. Dit is deur die eeue heen God se roepstem na die mensdom. Verstaan jy nie? Weet jy nie hoe lief ek vir jou is nie? Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge