... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus het Gekom Om …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 3:8 wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.

Listen to the radio broadcast of

Jesus het Gekom Om …


Download audio file

Ek het vandag die behoefte om met jou te gesels oor die klein kompromieë wat dalk onverhoeds in jou lewe insluip. Jy weet, daardie “klein jakkalsies wat die wingerd verwoes”, dié sondetjies wat volgens jou regtig nie saak maak nie; dié wat jy sommer maklik verdoesel.

God maak byna geen onderskeid tussen “groot sondes” en “klein sondes” nie. In Galasiërs 5:19 – 21 word onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap en uitspattighede… alles in een lys ingesluit.

Sien jy, om by die werk onenigheid te veroorsaak, is net so erg soos dronkenskap en orgies. Daar is geen onderskeid nie. Laat ons onsself dus nie bluf dat ons kan wegkom met die kompromieë wat ons aangaan, wat in werklikheid volgens God se Woord … sonde is nie.

Maar kom ons fokus ons gedagtes ‘n bietjie meer…

1 Johannes 3:8 wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak.

Dit is ‘n ontstellende vers, nè? Dit praat baie duidelik van daardie sondetjies wat ons graag wil wegpraat en regverdig. Hoor wat God vandag vir jou en my sê? Enigeen wat aanhou sondig, behoort aan die duiwel. Laat die Heilige Gees jou vandag van daardie waarheid oortuig.

Maar hier kom die goeie nuus; baie goeie nuus. Die Seun van God het na die aarde gekom om die duiwel se werk te vernietig. Dit is die rede waarom Jesus vir jou na die aarde gekom het. Hy het gekom om jou sondeskuld uit te wis. Hy sê Hy sal jou sonde van die verlede vergeet en jou die krag gee om van jou sonde weg te breek en oor te begin. Om die werke van die duiwel … in jou lewe te vernietig.

Dit is hoekom Jesus gekom het … vir jou!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.