... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Nuwe Lewe Behoort so…

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.

Listen to the radio broadcast of

Jou Nuwe Lewe Behoort so…


Download audio file

Wanneer dinge nie heeltemal uitwerk soos jy beplan het nie en wanneer ander mense, volgens jou opinie, nie reg optree nie, is dit maklik om hulle, of jou omstandighede, of selfs vir God daarvoor te blameer. Dit is tog so ‘n natuurlike reaksie?

Ons leef in ‘n wêreld waar mense meer en meer die skuld vir hul ellende aan ’n ander persoon, ‘n regering, die ekonomie, of … wel, wie ook al in die spervuur is, toeskryf.

Maar kyk hulle ooit in die spieël en neem verantwoordelikheid vir hul eie emosies, hul eie gedagtes, hul eie gedrag … Nooit nie! Absoluut nie! Hoekom sal ‘n mens daarvoor verantwoordelikheid aanvaar, hoekom moet jy verander, wanneer jy die ander ou kan blameer? Ons het almal mos al iemand anders vir ons foute blameer, en sommige mense – selfs Christene – doen dit steeds en sal vir ewig daarmee volhou.

‘n Paar dae gelede was ek regtig baie moeg. Ons het gaste ontvang vir, wat veronderstel was om ‘n kort middagtee te wees, maar hulle het gesit en gesit en gesit… Ek het in my binneste ongeduldig en moeg gevoel.

Nouja, wat doen jy wanneer so iets gebeur?  

Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.

Kom ons pas dit toe op die situasie wat ek sopas beskryf het. As gevolg van God se liefde en omdat Hy jou en my uitgekies en aangestel het om namens Hom te praat, is ons bestem om te verander, om ‘n nuwe lewe te lei en om genade aan ander te bewys.

Wat behels dit? Wees meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam.

Dietrich Bonhoeffer, die bekende 20ste eeuse predikant, teoloog en martelaar, het eenkeer gesê: Om God te ken beteken dat jy verander!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.