... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Marta of Maria

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 10:38-42 Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”

Listen to the radio broadcast of

Marta of Maria


Download audio file

Sommige dae is ek so besig met al die dinge wat ek moet doen, dat dit moeilik is om tyd eenkant te sit om saam met Jesus deur te bring, en dan praat ek nie eers van die emosionele energie nie! Wat van jou?

Ek weet, nie almal is die hele tyd besig nie. Ek is beslis nie, maar dis net omdat ek spesifieke tye in my dag en in my week beplan om rustig saam met Hom te wees. Maar jy verstaan wat ek sê, nè?

Dit word ‘n nagmerrie om jouself, in hierdie komplekse rekenaar era waarin ons leef te organiseer, om al die eise wat aan jou gestel word na te kom – jou gesin, jou werk en om vir Jesus te dien. Maar weet jy, dis nie ‘n nuwe verskynsel uniek aan die ‘n 21ste-eeu nie. Ons sien in:

Lukas 10:38-42 Op hulle reis het Jesus in ‘n dorp gekom waar ‘n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. Sy het ‘n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!”

Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”

Of, soos Charles Spurgeon dit eenkeer gestel het: Ek kan soms saam met Marta rondhardloop om te doen wat Christus van my nodig het, maar ek dink ek moet meer gereeld by Maria sit om van Christus te ontvang, wat ek van Hom nodig het.

Maak tyd om saam met Jesus deur te bring.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.