... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kersfees in Julie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 9:5 Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

Listen to the radio broadcast of

Kersfees in Julie


Download audio file

Hierdie vraag wat ek nou aan jou gaan stel, mag effens absurd klink: Het jy al ooit in Juliemaand Kersfees gevier? Nee, ek is ernstig. Het jy al ooit daar by jou Kersfees in Julie gevier?

Ek woon in die Suidelike Halfrond en met Kersfees wat in Desember gevier word, beteken dit natuurlik dat dit gedurende die warmste deel van die somer val.

En nou het sommige restaurante hier by ons besluit om in Julie (wat vir ons die koudste maand van die winter is) ‘n “Kersfees-in-Julie-ete” met al die tradisionele kosse en garnering aan te bied, sodat ons daardie maaltyd te midde van die kouer weer kan ervaar. Raar, maar waar…

En dit het my aan die dink gesit. Waarom beperk ons die koms van God se Seun, Jesus, na hierdie aarde toe, tot ‘n paar dae in Desember? John MacArthur, die bekende pastoor en Bybelonderwyser stel dit so:

Baie mense vier met entoesiasme die geboorte van Christus tydens Kersfees, net om Hom die res van die jaar te ignoreer, te vermy en te verwerp.

Hy slaan die spyker op die kop, nè? Hoeveel mense gaan slegs een keer per jaar, op Kersdag, kerk toe? Is dít die ware betekenis van Kersfees? Kyk wat het die profeet Jesaja eeue voor Jesus se geboorte, oor Jesus gesê in: 

Jesaja 9:5 Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.

‘n Wonderlike Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors – dit lyk vir my of die koms van Jesus – die moeite werd is om dwarsdeur die jaar te vier. Kan ek jou nou maar weer vra, het jy al ooit Kersfees in Julie gevier?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.