... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Môrestond het goud in die mond

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Daniël 6:10 Toe Daniël hoor dat die dekreet uitgevaardig is, het hy na sy huis toe gegaan. Sy dakkamer se venster het na Jerusalem se kant toe gekyk en soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys, te aanbid en te dank.

Listen to the radio broadcast of

Môrestond het goud in die mond


Download audio file

Dit lyk vir my daar is twee maniere waarop ons die dag kan begin: ons kan dit goed begin, of ons kan dit sleg begin. Dit is ons keuse. Ek het deur dure ondervinding geleer, dat as ek verandering in my lewe wil hê, ek my dag goed moet begin.

Vanoggend het ek het iets snaaks gedoen. Ek was al 03:00  vanoggend op. Eintlik is dit is nie regtig so snaaks nie, ek moet bely dis iets wat ek byna elke oggend doen. My ma vertel my dat ek dit al van kleintyd af doen – my arme ouers!

Maar, ek is mal oor die vroeë oggend. Was nog altyd, en ek vermoed, ek sal altyd wees. Mense vra my, “Wat doen jy daardie tyd van die oggend? Wat kan moontlik lekkerder wees as om daardie tyd nog heerlik in die bed te wees?” Goeie vraag. Wel, ek begin my dag altyd met ‘n koppie koffie en ‘n lang gesprek met ‘n goeie vriend.

“Wat? Jy bedoel iemand anders is ook op daardie onmoontlike tyd wakker?”

Natuurlik.  Almal slaap, maar God is wakker. Dus praat ons. Ek vertel Hom wat op my hart is; Hy vertel my wat op syne is. Vandag het ek Hom vertel van die besige dag wat voorlê en dat ek nie weet hoe ek alles kan inpas nie. Om 07:30, net “toevallig,” ontvang ek ‘n e-pos, wat een van my afsprake kanselleer.

En jy weet, vandat ons elke oggend so sit en gesels, is my lewe vol ‘toevallighede’ soos hierdie.

Daniël 6:10 Toe Daniël hoor dat die dekreet uitgevaardig is, het hy na sy huis toe gegaan. Sy dakkamer se venster het na Jerusalem se kant toe gekyk en soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys, te aanbid en te dank.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.