... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

My Vrou wou my Vergiftig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Listen to the radio broadcast of

My Vrou wou my Vergiftig


Download audio file

Het jy al een van daardie lastige straatpredikers op ‘n seepkissie gesien? Daar staan hy, Bybel in die een hand, en skree: “Bekeer julle, sondaars, bekeer julle, of julle gaan Hel toe!” En almal stap verby en probeer hom ignoreer. Miskien is sy metode aanvegbaar, maar sy boodskap is beslis nie!

Ek onthou hoe my vrou vroeg in ons huwelik, my een keer probeer vergiftig het – toemaar, ek spot net! Ek het een oggend vroeg, soos gewoonlik, in my studeerkamer gewerk en sy het vir my, soos gewoonlik, ‘n koppie koffie en ‘n broodjie gebring, ag, my dierbare vroutjie, mag die Here haar seën! Die broodjie het ‘n bietjie tamatie op gehad. Ek hou van tamatie, maar toe ek die eerste hap neem, val ek amper van my stoel af, want onder die tamatie was daar ‘n paar gerookte oesters, wat die vorige aand oorgebly het.

Ek hou van oesters, maar oesters half sewe in die oggend? Agge nee. Pasgetroude kok! Ek kan nou daaroor lag, maar dinge is nie altyd wat ons verwag nie. Jy kan dit bo-op versier, maar dan neem jy ‘n hap en jy gril! Jy kan probeer om sekere dinge oënskynlik aantreklik te laat lyk, maar jy kan nie die waarheid verdoesel nie. Hoekom is dit?

Dit is omdat oesters nie ophou om oesters te wees nie en sonde hou nie op om sonde te wees, net omdat tye verander het nie! Jesus het ‘n wonderlike gawe om tot die kern van kwessies deur te dring, om ‘n graaf ‘n graaf te noem, of ‘n oester ‘n oester, na gelang van omstandighede. En keer op keer beveel Hy ons om weg te draai van dít, wat ons weet verkeerd is, en ons lewens na God terug te draai. Dit is wat bekeer eintlik beteken – dit is ‘n omdraai, as’t ware ‘n terugkeer.

Ons lees in: Matteus 4:17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Moenie ‘n fout maak nie, die sonde wat jy wil bedek, is besig om jou lewe te vergiftig. Bekeer jou.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge