... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Lewe Namens Jou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 2:8,9 Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik.

Listen to the radio broadcast of

‘n Lewe Namens Jou


Download audio file

Dwarsdeur die wêreld; in stede, dorpe, nedersettings, geïsoleerde landelike gebiede, selfs in verlate plekke, gaan die lewe onbewustelik voort. Iets wonderliks kan dalk op een plek gebeur, maar vir die res van die mensdom gaan die lewe op die ou trant voort.

Ek was ek al op baie plekke tydens my leeftyd. Van Visakhapatnam in Indië tot Kigoma in Tanzanië, van Weenen tot Vancouver … wel, jy verstaan mos. En wanneer ek in ‘n ander land se strate loop, tref dit my altyd hoe die lewe daar net daagliks voortgaan. Dis snaaks hoe dit ‘n mens opval, want dwarsdeur die wêreld leef mense op soveel verskillende maniere. Hulle het nie net ander kulture nie; hulle omgewings is anders; hul kleredrag verskil. Ja, hul kombuise, hul reuke en klanke is eie aan hulle!

En weet jy, ons is so vasgevang in ons eie omstandighede, dat ons geneig is om heeltemal onbewus te wees van die dinge wat net aan die anderkant van die bult gebeur. My lewe in my eie ou nessie gaan voort, terwyl ek onkundig en onbetrokke staan oor die lewe in joune. Kyk waarmee was die manne besig in:

Lukas 2:8 Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.

Hulle lewe het maar net soos altyd voortgegaan. Maar toe …

Lukas 2:9 Meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik.

‘n Baba is gedurende daardie nag gebore. Hy het die wêreld binnegekom in ‘n stal, want daar was nie vir Hom plek in die herberg in die agterlike ou plekkie, genaamd Bethlehem, nie. Maar toe, skielik, onderbreek daardie oënskynlik onbeduidende geboorte van ‘n baba, met ‘n baie algemene en ‘n bekende naam, Jesus, die lewens van daardie herders op ‘n skouspelagtige manier.

En net daar is daardie herders se alledaagse lewe vir eens en vir altyd onderbreek en geskud. Dit was immers die nag toe Jesus ‘n mens geword het om ons van onsself te red, en Hy het nog nog nooit opgehou om mense te red nie! 

Laat Jesus jou lewe onderbreek! Dit sal nooit weer dieselfde wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.